Die fyndruk
Privaatheid
- Geregistreerde naam Proudly Meerkat (Pty) Ltd
- Registrasienommer 2015/334790/07
- Adres 680 Lassiestraat, Garsfontein, Pretoria
- Inligtingsbeampte Henri du Toit
Wat ons versamel
As jy 'n gids koop: die betaalskerm vra jou e-posadres, naam, faktuuradres en, as jy wil, jou foonnommer. Shopify hanteer die bestelling en die aflaaiskakels. Betaal jy met kaart of Instant EFT, verwerk Payfast die betaling.
As jy vir die gratis roete inteken: jou e-posadres, en dat en wanneer jy ingestem het.
As jy die kontakvorm gebruik: jou naam, e-posadres en jou boodskap.
As jy 'n resensie skryf: jou voornaam, dorp, motorfiets, watter gids jy gekoop het, jou woorde en jou e-posadres, en dat en wanneer jy ingestem het. Ons wys net jou voornaam, dorp, motorfiets en woorde op die werf, en net met jou toestemming. Jou e-posadres gebruik ons net om te kyk dat jy gekoop het en om jou oor die resensie te kontak; ons wys dit nêrens nie. Vra enige tyd, en ons haal jou resensie af.
As jy net die werf besoek: ons gebruik geen werfstatistiek, advertensie-opsporing of koekies nie. Soos by elke webwerf ontvang ons gasheer, Netlify, tegniese besonderhede soos jou IP-adres om die bladsy aan jou te bedien. Die lettertipes laai van Google Fonts af, so Google ontvang ook jou IP-adres en blaaierbesonderhede. Sien koekies.
Hoekom ons dit het
Om jou bestelling te verwerk en jou gids by jou te kry, om jou vraag te beantwoord, en — net as jy daarvoor ingeteken het — om jou die gratis roete te stuur en te laat weet wanneer daar 'n nuwe gids of 'n opdatering is.
Ons versamel nie meer as wat daarvoor nodig is nie, en ons hou dit net so lank as wat ons dit vir daardie doel nodig het of die wet dit vereis.
Wie dit sien
Shopify (bestellings, betaling en aflaaiskakels), Payfast (kaart- en Instant EFT-betalings), Brevo (die e-poslys), Netlify (die werf en die vorms) en Google Fonts (lettertipes). As jy op die WhatsApp-skakel druk, praat jy direk met WhatsApp. Ons verkoop nooit jou besonderhede nie en gee dit nie vir adverteerders nie.
Van hierdie diensverskaffers is buite Suid-Afrika geleë, so jou inligting kan buite die land verwerk word.
Die Facebook-groep
Ons voeg nooit lede van die Facebook-groep by 'n e-poslys nie. Net mense wat hier op die werf self intoken. Dit is POPIA, nie 'n voorkeur nie.
Jou regte
Jy kan vra wat ons van jou het, dit laat regstel, dit laat verwyder, of ophou om e-pos te ontvang. Elke bemarkings-e-pos het 'n uitteken-skakel. Vra ons direk en ons antwoord binne 30 dae.
Is jy nie tevrede met hoe ons jou inligting hanteer nie, kan jy 'n klagte by die Inligtingsreguleerder indien: inforegulator.org.za.
Koekies
Hierdie werf gebruik geen koekies nie. Die betaalskerm van Shopify gebruik sy eie. Die volle verduideliking staan by koekies.