Spring na inhoud
EN Bonsai Braai — R790
Die Bonsai Braai staan in die veld met boerewors op die rooster en kole wat deur die uitgesnyde kante gloei.

Nuut · van Proudly Meerkat

Pak plat.Braai oral.

Die Bonsai Braai is 'n plat-pak braai van 430 vlekvrye staal wat saam met jou ry. 200 × 260 mm, net 1 kg, en hy kom in 'n ripstop-seilsakkie.

Gratis aflewering in Suid-Afrika op bestellings oor R770. Terugbetaalbeleid

  • 0,9 mm 430 vlekvrye staal
  • 200 × 260 mm · 1 kg
  • Seilsakkie ingesluit
  • Pak heeltemal platGly langs jou gereedskap in die sysak
  • 200 × 260 mm · 1 kgOpgestel in sekondes, geen gereedskap nie
  • 430 vlekvrye staal0,9 mm kante, 1,2 mm rooster
  • Gratis afleweringIn SA op bestellings oor R770
  • 'n Ryer draai boerewors op die Bonsai Braai langs die motorfiets, met die Proudly Meerkat-seilsak langsaan.
  • Die Bonsai Braai opgestel op gras: geborselde kante van 430 vlekvrye staal met 'n kameeldoring uitgesny.
  • Boerewors wat op die Bonsai Braai se rooster braai, met die kole wat onder deurskyn.
  • Die Bonsai Braai met 'n worsrol op die rooster teen sononder, langs die Proudly Meerkat-seilsak.
  • Die Proudly Meerkat ripstop-seilsak met sy geborduurde kenteken, langs 'n vuur.

Bonsai Braai

Vuur waar jy stop.

R790

  • Kante van 0,9 mm 430 vlekvrye staal
  • Rooster van 1,2 mm vlekvrye staal
  • 200 × 260 mm opgestel · weeg net 1 kg
  • Pak plat uitmekaar — geen gereedskap, geen skroewe
  • Ripstop-seilsakkie met die Proudly Meerkat-kenteken

Gratis aflewering in Suid-Afrika op bestellings oor R770. Terugbetaalbeleid

Betaal met kaart of Instant EFT deur Payfast, of kies Bank Deposit vir 'n gewone bankoorbetaling. Ons stuur die braai sodra die betaling bevestig is.

Meer oor die braai

Bonsai Braai

Wat jy kry

Een braai, een rooster, een sakkie. Genoeg vuur vir 'n pak wors, klein genoeg dat jy vergeet hy ry saam.

  • 01

    Die braai

    Geborselde 430 vlekvrye staal met die kameeldoring uitgesny.

  • 02

    Op die kole

    Die 1,2 mm rooster vat 'n hele pak wors sonder om te sak.

  • 03

    Waar jy stop

    Op 'n klip langs die pad is daar plek genoeg vir hierdie braai.

  • 04

    Die seilsakkie

    Ripstop-canvas met die kenteken op — die braai pak daarin weg.

Ook van Proudly Meerkat

Die Ryer se Kompas

Vier Afrikaanse gidse vir roetes, verblyf, pletterpette en bande — die beplanningswerk wat agter 'n goeie rit sit. Digitale PDF's, op jou foon.

Beste waarde

Al vier gidse. Een bundel.

R1 000 Los saam R1 400 — jy spaar R400

  • Tuinroete-uitgawe
  • Verblyf Gids
  • Pletterpet Gids
  • Bande Uitgawe
  • Begin Hier — hoe jy die vier saam gebruik
  • Een PDF met bladwysers: spring reguit na elke gids

Maak die lêer nie oop nie? Ons maak dit reg, of jy kry jou geld terug. Terugbetaalbeleid

Betaal met kaart of Instant EFT deur Payfast, of kies Bank Deposit vir 'n gewone bankoorbetaling. Jou gidse kom per e-pos sodra die betaling bevestig is.

Meer oor die bundel

Die Ryer se Kompas

Kies jou gids

Elke gids is 'n Afrikaanse PDF vir R350 — of kry al vier in die bundel en spaar R400.

  • Gids 01

    Tuinroete-uitgawe

    Roetekaarte, die padstatus en twee- tot vierdagplanne.

    R350PDF · 15 bladsye
  • Gids 02

    Verblyf Gids

    Waar die ry-dag eindig: 'n oornagplek wat by môre se rit pas.

    R350PDF · 12 bladsye
  • Gids 03

    Pletterpet Gids

    Die regte passing, standaarde ontsyfer en 'n tienminuut-winkeltoets.

    R350PDF · 10 bladsye
  • Gids 04

    Bande Uitgawe

    Besluit watse oppervlakte jy ry, kies die regte druk en ken jou koste per kilometer.

    R350PDF · 9 bladsye

Tuinroete-uitgawe

Die Tuinroete, pas vir pas.

Roetekaarte vir die N2 en die passe, die padstatus soos op 12 September 2026 nagegaan, en twee-, drie- en vierdagplanne. Voor elke pas beantwoord jy vyf vrae — is een antwoord nee of onbekend, ry jy nie.

  • N2
  • Sewe Passe-pad
  • Outeniquapas
  • Montagupas
  • Swartbergpas
  • Prins Alfredpas
  • Robinsonpas

Ons storie

Van drie ryers tot 19 900+.

Proudly Meerkat het op 4 Mei 2014 as 'n Facebook-groep begin. Twaalf jaar later ry die groep steeds saam.

  1. 2014Op 4 Mei begin Henri die groep saam met twee ryvriende. Drie mense.
  2. 2015Proudly Meerkat word as maatskappy geregistreer.
  3. 2020Voltyds: motorfietstoere, 'n klerereeks en 'n bagasiereeks.
  4. 202619 900+ lede — en Die Ryer se Kompas: vier Afrikaanse beplanningsgidse.

Dit maak nie saak wat jy ry nie. Net dat jy ry.

Henri du Toit, stigter Lees die hele storie
'n Meerkat met 'n goue serp staan regop en hou die horison dop.

Proe eers

Kry een roete gratis

Los jou e-posadres en ons stuur vir jou een volledige roete uit die Tuinroete-uitgawe. Geen kaart nodig nie.

Ons stuur nooit jou adres aan iemand anders nie, en ons voeg niemand uit die Facebook-groep by hierdie lys nie.

Voor jy koop

Vrae wat ryers vra

Hoe groot is die Bonsai Braai?

Opgestel is hy 200 × 260 mm en hy weeg net 1 kg. Uitmekaar pak hy heeltemal plat, en dan gly hy in die ripstop-seilsakkie wat saamkom — klein genoeg vir 'n sysak of rugsak.

Waarvan is hy gemaak?

Die kante is 0,9 mm 430 vlekvrye staal en die rooster is 1,2 mm vlekvrye staal. Hy word sonder gereedskap opgeslaan: die kante haak inmekaar en die rooster sit bo-op.

Wat kos aflewering, en hoe lank vat dit?

Aflewering in Suid-Afrika is gratis op bestellings oor R770, so die braai op sy eie kom gratis by jou uit. Ons stuur hom sodra die betaling bevestig is. Kies jy Bank Deposit, wag ons eers dat die geld reflekteer — dit kan 'n werksdag of twee vat.

Hoe kry ek my gids nadat ek betaal het?

Kies Payfast op die betaalskerm en betaal met kaart of Instant EFT. Sodra Payfast die betaling bevestig, stuur Shopify die aflaaiskakels per e-pos. Of kies Bank Deposit en betaal per EFT of bankdeposito. Dan merk ons die bestelling af sodra die geld reflekteer, en dit is nie oombliklik nie: 'n EFT van 'n ander bank kan 'n werksdag of twee neem om te reflekteer.

Kan ek dit op my foon lees?

Ja. Die gidse is PDF's en maak op enige foon oop sonder 'n spesiale program.

Betaal iemand om in 'n gids te wees?

Nee. Geen handelaar, invoerder of lodge betaal vir 'n plasing in 'n gids nie. Elke gids sê waar sy inligting vandaan kom en wanneer dit laas nagegaan is.

Kan ek my geld terugkry?

Digitale lêers kan nie teruggegee word nie, so ons betaal nie terug nadat 'n gids afgelaai is nie. Het jy per ongeluk twee keer vir dieselfde gids betaal, of maak die lêer glad nie oop nie en ons kan dit nie regmaak nie — sê so en ons betaal terug.

Al die vrae

Taste Adventure

Kos smaak beter
waar jy stop.

Die Bonsai Braai pak plat, weeg 1 kg en kom in sy eie seilsakkie. Stel hom op, maak vuur, braai — en pak hom weer weg.

Gratis aflewering in Suid-Afrika op bestellings oor R770. Terugbetaalbeleid

Betaal met kaart of Instant EFT deur Payfast, of kies Bank Deposit vir 'n gewone bankoorbetaling. Ons stuur die braai sodra die betaling bevestig is.