Hulp
Hoe om jou gids oop te maak
Die gidse is PDF-lêers. Hier is hoe om by joune uit te kom, stap vir stap.
Kry die e-pos
Sodra jou betaling bevestig is, kom daar 'n e-pos met 'n aflaaiskakel vir elke gids wat jy gekoop het. Met Payfast gebeur dit outomaties; met Bank Deposit nadat die geld reflekteer en ons die bestelling afgemerk het. Kry jy dit nie, kyk eers in jou gemorspos — dit is waar dit gewoonlik lê.
Druk die skakel
Druk die skakel in die e-pos. Die lêer begin aflaai. Op 'n foon gaan dit gewoonlik na "Downloads" of "Aflaaie".
Maak dit oop
Op Android maak Google Drive of Files dit oop. Op 'n iPhone gaan dit na Files, of jy kan dit direk in Safari lees. Jy het nie 'n spesiale program nodig nie.
Stoor dit waar jy dit weer sal kry
Skuif die lêer na Google Drive of iCloud sodra jy dit het. Elke skakel werk drie keer — genoeg om dit af te laai en een keer 'n fout te maak, maar nie genoeg om dit elke keer van voor af te doen nie.
Werk dit steeds nie?
Stuur vir ons 'n boodskap. Sê net watter gids jy gekoop het en met watter e-posadres — ons kry jou lêer by jou.