Die fyndruk
Terme
- Geregistreerde naam Proudly Meerkat (Pty) Ltd
- Registrasienommer 2015/334790/07
- Adres 680 Lassiestraat, Garsfontein, Pretoria
- Inligtingsbeampte Henri du Toit
Wat jy koop
Jy koop 'n digitale gids in PDF-formaat vir jou eie gebruik. Jy mag dit op jou eie toestelle lees en 'n afdruk vir jouself maak. Jy mag dit nie versprei, herverkoop of op 'n publieke plek oplaai nie.
Die Volledige Bundel is een PDF met Begin Hier, die Tuinroete-uitgawe, Verblyf Gids, Pletterpet Gids en Bande Uitgawe. Roete-uitgawes wat later uitkom, word apart verkoop en is nie by 'n vorige aankoop ingesluit nie.
Wat die gidse is en nie is nie
Die gidse is beplanningsgidse wat inligting uit verskeie bronne en Henri se eie ervaring bymekaarbring. Hulle is nie tegniese advies, veiligheidsadvies of 'n vervanging vir 'n vervaardiger se instruksies nie. 'n Pletterpet, band of pad se geskiktheid vir jou, jou fiets en jou ry hang van dinge af wat ons nie kan sien nie.
Kontroleer altyd 'n vervaardiger se spesifikasies en 'n pad se toestand self voordat jy ry. Ons is nie aanspreeklik vir skade, besering of verlies wat uit 'n besluit voortspruit wat jy op grond van 'n gids geneem het nie.
Pryse en beskikbaarheid
Pryse is in Suid-Afrikaanse rand. Die prys wat jy sien, is die prys wat jy betaal.
Jou regte onder die wet
Niks in hierdie terme beperk of neem die regte weg wat jy as verbruiker onder die Wet op Verbruikersbeskerming of die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies het nie. Waar hierdie terme en die wet verskil, geld die wet.
Opdaterings
Ons werk 'n gids by wanneer ons 'n fout vind. Wil jy weet of jy die nuutste weergawe het, stuur vir ons 'n boodskap.