Die fyndruk
Koekies
- Geregistreerde naam Proudly Meerkat (Pty) Ltd
- Registrasienommer 2015/334790/07
- Adres 680 Lassiestraat, Garsfontein, Pretoria
- Inligtingsbeampte Henri du Toit
Die kort weergawe
Hierdie werf, proudlymeerkat.com, sit geen koekies op jou toestel nie. Ons gebruik geen werfstatistiek, geen Meta-pixel en geen advertensie-opsporing nie, en die werf stoor niks in jou blaaier nie.
Daarom vra ons nie vir koekietoestemming nie: daar is niks om toestemming voor te gee nie.
Lettertipes van Google
Die lettertipes op hierdie werf laai van Google Fonts af. Wanneer dit gebeur, ontvang Google jou IP-adres en besonderhede oor jou blaaier, soos by enige diens waarvan 'n bladsy iets laai. Google Fonts sit geen koekies nie.
Die betaalskerm
Wanneer jy 'n gids koop, gaan jy na winkel.proudlymeerkat.com, wat deur Shopify bedryf word. Shopify gebruik sy eie koekies om jou mandjie en die betaalskerm te laat werk. Lees Shopify se koekiebeleid.
As jy op 'n WhatsApp-skakel druk, verlaat jy hierdie werf en praat jy direk met WhatsApp, onder hulle eie beleid.
As dit verander
Voeg ons ooit werfstatistiek of 'n advertensie-pixel by, vra ons eers jou toestemming, en die werf werk net so goed as jy nee sê. Hierdie bladsy word dan bygewerk.