Spring na inhoud
EN Bonsai Braai — R790

Ons storie · sedert 2014

Ons ry al twaalf jaar saam.

Proudly Meerkat het in 2014 as 'n Facebook-groep begin. Vandag is ons meer as 19 900.

Hoe dit begin het

“Want ons kan.”

Proudly Meerkat het begin op 4 Mei 2014.

Daar was destyds 'n groep met die naam Think Bike, en iemand het op 'n plasing gevra hoekom volwasse mense in 'n dorp regop op 'n motorfiets staan en ry. Ek het die comment gesien en ek het geantwoord: want ons kan.

Een van die ouens op daardie thread vra toe vir my hoekom ek nie sommer my eie groep begin nie. Ek sê vir hom ja, ek gaan die ding sommer Meerkat noem. En hy sê toe vir my: maar jy is mos trots daarop.

Daar is die naam toe gebore. Ek het create group gedruk, en omdat jy nie 'n groep kan begin as jy alleen is nie, het ek die twee ouens bygesit saam met wie ek daai tyd gery het. Drie mense op 4 Mei 2014. Twaalf jaar later is ons naby twintig duisend.

Pad en grond, in 'n veilige situasie.

Maar die eintlike rede vir die groep was nie daai man se comment nie. Ek het self op daardie stadium 'n 1200 BMW GS gery, en ek wou hê mense moet die motorfiets gebruik waarvoor hy gemaak is — as 'n dual purpose motorfiets. Pad en grond, in 'n veilige situasie.

In 2015 het ek Proudly Meerkat as 'n maatskappy geregistreer. Van 2020 af doen ek dit voltyds: motorfietstoere, die klerereeks, die bagasiereeks, en al die klein itempies wat 'n ryer op pad nodig kry.

Proudly Meerkat het gegroei danksy sy lede. Deur net te luister na mense op die toere kon ons produkte bysit en wegvat soos die behoefte was.

En die groep is daar vir enige handelsmerk. KTM, BMW, Suzuki, Yamaha, Honda, CF Moto — dit maak nie saak wat jy ry nie. Net dat jy ry.

— Henri du Toit, stigter

Twaalf jaar

Van drie ryers tot 19 900+.

  1. 2014Op 4 Mei begin Henri die groep saam met twee ryvriende. Drie mense.
  2. 2015Proudly Meerkat word as maatskappy geregistreer.
  3. 2020Voltyds: motorfietstoere, 'n klerereeks en 'n bagasiereeks.
  4. 202619 900+ lede — en Die Ryer se Kompas: vier Afrikaanse beplanningsgidse.

Die groep

Meer as 19 900 mense wat dieselfde ding doen. Dit maak nie saak watter handelsmerk jy ry nie, en dit maak nie saak of jy pas begin het nie.

Ons plaas nie lede se name of woorde op hierdie werf nie — dit bly in die groep. Lees eerder hoe dit werk.

Die span

  • Henri du Toit stigter

Trots bestuur deur Vertaflow AI.

Beste waarde

Al vier gidse. Een bundel.

R1 000 Los saam R1 400 — jy spaar R400

  • Tuinroete-uitgawe
  • Verblyf Gids
  • Pletterpet Gids
  • Bande Uitgawe
  • Begin Hier — hoe jy die vier saam gebruik
  • Een PDF met bladwysers: spring reguit na elke gids

Maak die lêer nie oop nie? Ons maak dit reg, of jy kry jou geld terug. Terugbetaalbeleid

Betaal met kaart of Instant EFT deur Payfast, of kies Bank Deposit vir 'n gewone bankoorbetaling. Jou gidse kom per e-pos sodra die betaling bevestig is.

Meer oor die bundel